Wednesday, December 23, 2009

Boodskap

Geseënd

Dit is alweer daardie tyd van die jaar dat ons twee woorde oor en oor vir almal binne hoorafstand van ons af sê: "Geseënde Kersfees". In hierdie week word dit wyd en syd, en boonop om elke hoek en draai rondgestrooi. Dis etiket, goeie maniere, en hoflik om hierdie twee woorde vir mense te sê wat jy raakloop. Maar wat sê hierdie woorde nou eintlik? En hoekom sê ons dit so graag vir mekaar?


As "Geseënde Kersfees" net die regte ding is om dié tyd van die jaar te sê, dan wonder ek of hierdie woorde regtig op jou en my lippe tuishoort. Maar wanneer ek en jy ook 'n draai in Betlehem gemaak het en saam met die skaapwagters verwonderd staan voor die Christuskind, dan beteken dit iets anders. Dan is hierdie twee woorde op ons lippe 'n uitnodiging aan elkeen wat dit hoor na die fees van 'n leeftyd. Dan is "Geseënde Kersfees" 'n gebed en 'n seënbede in een en dieselfde asem. Dan vloei die vrede van Jesus se aankoms biddend en vreugdevol oor na elkeen wat hierdie oorbekende woorde oor ons lippe hoor. Dan klink dit nuut, al is dit eeue oud. Dan leef hierdie twee woorde weer, al is dit lankal dood op sommiges se lippe. Daarom: "Geseënde Kersfees!" Mag Christus se vredevolle teenwoordigheid jou en jou mense vanjaar van tone tot kop oorspoel.

Friday, December 11, 2009

Te veel van alles

Dié tyd van die jaar is daar net te veel van alles: Te veel liggies, motors op die paaie, desperate partytjies, donderstorms – werklik en andersins – torretjies soos kartetse teen my leeslig snags. En veral, veral is daar te veel woorde.

Soms, as ek na die stortvloed woorde luister, ook van myself, is dit kompleet asof ek ’n illustrasie uit een van my kinderboeke gestalte sien kry van die meisie wat getoor word sodat daar slange of goue muntstukke uit haar mond val wanneer sy praat.

Ek’s te moeg nou om langer belangstelling te veins wanneer iemand iets – van ’n banale siektetoestand tot ’n wêreldramp of ’n spruit se prestasies – soveel keer uit net soveel invalshoeke herhaal; dit voel naderhand ’n mens het persoonlik onder elke liewe ramp deurgeloop. Ek gaan my ore sluit en my lippe teenmekaar pers sodat geen van my eie noodtoestande uitgeblaker word nie.

Dis te laat in die jaar om nog woordryk en geyk opgewonde te raak oor troues en hartseer oor begrafnisse. Nie een keer weer vanjaar sal woorde soos “elke pot kry ’n deksel” tot “daar is krag ná kruis” en “jy word nie beproef met meer as wat jy kan hanteer nie” oor my lippe tuimel nie. Buitendien is huweliksonthale soms hartseer en begrafnisse blymoedig, en kan enige van dié gesegdes vir albei geleenthede geld.

Dis nou die tyd vir ’n stille kners op die tande wanneer die dogters in hoë stemme die eeue oue stryd tussen sibbe voortsit. Ek’t vir eens genoeg geteem “so lank jy onder my dak bly”, “toe ek so jonk was”, en “met wie dink jy praat jy?” Ek gaan nie meer kyf “jy wil wát?”, “wil en moet is twee goed”, of “gedink wasgoed tel hulself op, nè?” nie. Hulle moet maar oor my laatjaar se stomheid sidder soos die kosyne wanneer die deure toegeklap word.

Oor die politiek hou ek voortaan my mond, asook oor kerksake, keffende honde, reënvalsyfers, vallende vliegtuie, voor-, na- en tussenhuwelikse seks, die voedingspatrone van die wangsakmuis en ander belangrike onderwerpe. Almal het genoeg opinies van hul eie.

Ek weier voorts om nog een keer half verbaas teenoor enigiemand te verklaar: “Waar is die jaar tog heen?!”
Want soos elke liewe jaar was daar huissport, spertye, Paasfees, loom middagkuiers met vriende, verkeersknope, ’n netbalseisoen, ’n motor wat versien moes word, ’n hokkieseisoen, lang­same kaggelaande, gimnastiektoernooie, vriendskappe wat “soos ’n roeiboot in die rivier afdryf” en ander wat ’n hawe word, merieteaande, die week lange blom van ’n peerboomboord, lentemiddae tussen laggende mense, dolende nagte wanneer dit slegs jóú gesig in die spieël is.

Soos elke jaar.
Ek wil die jaar nou in stilte uitsien. Pleks van praat en napraat gaan ek troos soek in gedigte waar iedere woord gebeitel en gemaak pas is, soos Wilma Stockenström se Verslankingskuur: “Ag hel dat ons nie jaarliks vervel, die kriewel afskuur, uit eie engheid kronkel om kronkel vanself ontsnap ... Dat ons nie jaarliks die tyd soepel omseil, uit skubbe van ouleuens, van vergete beloftes wellustig wriemel...”
Miskien sal ek vir oulaas Koos du Plessis se lied luister: “dis alles woorde, net leë woorde op vals akkoorde en almal sing dit, almal sing dit saam...”
Ek gaan nie my voete in ’n inkopiesentrum sit waar woorde soos kleingeld voor jou voete wegrol nie, maar my protes stilweg op die berg uithaal: my kywende vingers gaan vashouplek soek om swygsame rotse; my stotterende knieë woordelose lettergrepe aftree, en my prewelende rug die stilswye bewaar teen dowe boomstamme.
Sodat ek kan luister na die asemsnak van ’n waterval, die sug van ’n rotswand, die mymering van blare.

Ek sal suutjies my tong om lank vergete klanke laat rol, want in die nuwe jaar wil ek elke woord bedoel wat ek sê: “Ek hou van, ek wil, dit is mooi, ek is gelukkig, kom nader, dankie, dit is lief.”

Saturday, October 3, 2009

Mexican guitar players




Thursday, June 18, 2009

1963






Wednesday, June 17, 2009

Gelukkige gesin

‘n Gesinseenheid wat wérk word deur vyf eienskappe gekenmerk, skryf Gary Chapman in sy boek The Family You’ve Always Wanted.

Wen-gesinne is gesinne wat dien; bestaan uit ’n ma en pa wat ’n premie plaas op intimiteit; ouers het wat lei; kinders het wat hul ouers eer en gehoorsaam en pa’s het wat leiding neem en lief is vir hul gesinne.

Gesinne wat dien
In enige gesin is daar werk wat gedoen moet word, sê Chapman. Klere moet gewas en gestryk word, beddens moet opgemaak word en asblikke moet leeggemaak word. En hoewel daar eksterne hulp beskikbaar is vir besige gesinne, moet elke gesinslid steeds ’n taak verrig, want ’n gesonde gesin het volgens Chapman ’n “ingesteldheid om ander lede van die gesin en die gemeenskap te dien”.

Intimiteit
Wanneer jy trou, sê jy “ja” om jou lewe met iemand te deel en gemeenskaplike drome en geluk na te streef.
Chapman sê wanneer verliefdheid verflou, verloor baie paartjies intimiteit. Verskillende idees oor intimiteit skep ook probleme omdat ’n man dalk hunker na seksuele intimiteit en ’n vrou na emosionele intimiteit.
Intimiteit stam van die Latyn intimus, wat “binneste” beteken. Chapman sê intimiteit gebeur wanneer twee mense hul binneste vir mekaar oopmaak. Jy verkry ook nie bloot intimiteit en behou dit nie – dit is iets waaraan jy voortdurend moet werk.
In sy boek verduidelik hy vyf maniere hoe jy verskillende soorte intimiteit kan verkry:
 Sê wat jy dink – intellektuele intimiteit;
 Bespreek jou gevoelens – emosionele intimiteit;
 Bring saam tyd deur en gesels oor die tye wanneer julle nie bymekaar is nie – sosiale intimiteit;
 Open jou siel vir jou maat – geestelike intimiteit en
 Deel jou lyf met jou maat – seksuele intimiteit.
Chapman sê intimiteit tussen man en vrou spoel oor na die res van die verhoudings in die gesin. Hy sê in gelukkige gesinne is ’n gesonde huwelik die grootste prioriteit vir lewensmaats. ’n Gesonde huwelik impliseer intimiteit en skep die hoogste vlak van emosionele veiligheid vir kinders.

Ouers wat lei
In ’n gesonde gesin neem ouers verantwoordelikheid om hul kinders te lei – ook deur dissipline. Ouers doen dit op verskillende maniere deur byvoorbeeld te verduidelik waarom sekere reëls geld of om te lei deur ’n voorbeeld te stel. Chapman meen dit is moontlik vir twee ouers wat verskillende benaderings het tot leiding om suksesvolle uitkomste te bereik. Pa is dalk die “kom ons gesels kalm oor die saak”-tipe, terwyl Ma dadelik wil oorgaan tot aksie.

Die bindende faktor is liefde.
Chapman sê geen vorm van leiding of dissipline kan suksesvol wees as ’n kind nie geliefd voel nie. Hy moedig ouers aan om uit te vind watter “liefdestaal” elke kind verstaan en om leiding daarby aan te pas.
Chapman onderskei tussen vyf “liefdestale”:
 Woorde van bevestiging:
Prys ’n kind vir goeie gedrag en vertel jou kind hoe lief jy haar het.
 Gehaltetyd:
Gee vir jou kind jou onverdeelde aandag deur saam te lees of te speel en na jou kind te luister. Jy kan hoeveel keer vir jou kind sê “Ek is lief vir jou”, maar as dit nie bevestig word deur gehaltetyd nie, sal die kind nie geliefd voel nie.
 Fisieke aanraking:
Aanraking is belangrik vir alle kinders, maar sommige kinders floreer deur liefdevolle aanraking soos drukkies. Die soort aanraking verander soos kinders ouer word. Jou tiener wil dalk nie voor al haar vriende ’n drukkie van Ma hê nie, maar wanneer julle alleen is, sal sy dit waardeer.
 Geskenke:
Die gee en ontvang van geskenke is volgens Chapman ’n universele uitdrukking van liefde. ’n Geskenk sê vir ’n kind “Ma en Pa het aan my gedink”. Wanneer jy byvoorbeeld op ’n sakereis was en vir jou kind ’n geskenkie terugbring, sê jy eintlik “ek het aan jou gedink terwyl ek weg was”.
Dit hoef nie duur geskenke te wees nie en ’n kind behoort ook nie alles te kry waarvoor sy wens nie. Dit is regtig bloot “die gedagte wat tel”.
 Take van dienslewering:
Om dinge vir jou kind te doen wat jou kind sal waardeer, is ’n basiese liefdestaal. Deur maaltye te berei of jou kind te help met huiswerk, verrig jy take van dienslewering.
Chapman sê elke kind het ten minste twee liefdestale waarop hulle reageer. Hy sê om uit te vind wat jou kind se lieftestaal is, moet jy waarneem hoe jou kind haar liefde vir jou uitdruk, oplet na wat jou kind gereeld van jou vra en luister waaroor jou kind die meeste kla.

Gehoorsame kinders
Net soos lande wette nodig het om suksesvol te funksioneer, het gesinne nodig om reëls neer te lê en dit te gehoorsaam. Chapman sê gehoorsaamheid is iets wat geleer moet word, veral omdat kinders gebore word met die eienskap om grense voortdurend te toets. Hy meen in ’n gelukkige gesin sal ouers altyd op twee sake fokus: of die kinders geliefd voel en om seker te maak dat die kinders die gevolge van hul dade ervaar.
Namate kinders ouer word, ontwikkel hulle eer vir hul ouers, sê Chapman. Eer is volgens hom die uitdrukking van respek en dit ontwikkel wanneer kinders die positiewe gedrag van hul ouers begin raaksien en waardeer.
Volgens hom is die grootste eerbewys wat kinders vir hul ouers kan gee die manier waarop hulle in hul eie lewe belê deur ’n goeie leefstyl te kies.

Mans wat liefhê en lei
Chapman sê die idee van Pa as die “leier” in die huis is vir baie moderne vroue verwarrend en omstrede. Hy erken dat baie mans ook dié idee uitbuit deur hul gesinne met ’n ystervuis te beheer.
Maar, sê Chapman, ’n groter gevaar is passiewe, onbetrokke mans wat alle sake rondom die gesin en ernstige besluite as ’t ware aan hul vroue “uitkontrakteer”.
Hy meen daar is iewers tussen die twee uiterstes ’n gesonde plek waar mans verantwoordelik en diep verbind tot hul vroue en kinders is. So ’n man hardloop nie weg as sake moeilik raak nie, maar soek saam met sy gesin na werkbare oplossings.
So ’n man is ’n leier, maar hy lei nie in isolasie nie; hy is ’n dienaar, nie ’n diktator nie.
Hy koester sy vennootskap met sy vrou en wil dáár wees vir haar, maar hy het geen behoefte om haar te oorheers nie.

Wednesday, January 21, 2009

As jy dors is


Next generation moon rover


Snaakshede


Houtbaai



Wynberg


Kaappunt



Kaap - 2008

Lanklaas hier gewees. Was so besig met die fynere beplanning van die vakansie dat daar nie tyd was vir skryf nie. Die vakansie was heerlik en met 2 kleuters nogal 'n uitdaging. Was weer in die Kaap na 27 jaar wat ek laas daar was.





Muizenberg





Perfekte weer het dit afgerond en was ons heerlik uitgerus.Nou is dit weer voorwaarts met al die nuwe planne.


Blue Peter Hotel - bekend vir Pizza en cocktails (Bloubergstrand)



Boubergstrand




V&A Waterfront


Houtbaai


37000 voet bo grondvlak

Friday, October 31, 2008

First Temple-Era Water Tunnel Revealed in Jerusalem

A tunnel built thousands of years ago – and which may even have been used during King David's conquest of Jerusalem – has been uncovered in the ancient City of David, just outside the Old City and across the street from the Dung Gate.

Renowned Israeli archaeologist Dr. Eilat Mazer, who is leading the dig, revealed the findings from the discovery Thursday morning at an archaeological symposium at the Hebrew University of Jerusalem.

Mazer, who also uncovered King David's palace, has led the world in ancient Jerusalem findings. Some of her other discoveries have included proof of another Biblical story, in the Book of Jeremiah. A completely intact seal impression, or "bula," bearing the name Gedaliahu ben Pashur was uncovered. The bula is actually a stamped engraving made of mortar. Mazer also found a second such impression not far away, as as well as the remnants of a wall from the prophet Nechemia.

The archaeologist said there is a high probability that the tunnel is the one referred to as the "tsinor" in the Biblical story of King David's conquest of Jerusalem (Samuel II, 5:6-8; Chronicles I, 11:4-6).

"The new discoveries in the excavations in the City of David illuminate the ancient history of Jerusalem and the reality described in the Bible," she noted.


Ancient Engineering, Lasting Technology

The opening to the 3,000-year-old tunnel was found earlier this year during the ongoing excavations at the site. The tunnel itself is located under a mammoth stone building that was previously identified as King David's palace, built some time during the 10th century B.C.E., according to the Gregorian calendar.

Barely wide enough to allow a single person through, the walls of the passage were apparently created partly by carving rough stones, partly by making use of the existing bedrock. Only the first 50 meters are accessible at present, since the tunnel is filled with fallen rocks and debris, said Mazer.

Whole, undamaged oil lamps that were characteristic of the First Temple period were found on the floor of the tunnel during the dig.

The archaeologist added that the tunnel was probably used to channel water to a pool by the palace, and eventually was converted to an escape passage near the end of the First Temple period. Additional walls were built to block the tunnel from the sight of anyone of the nearby hill and to protect it from debris filtering in.



The dig, which is being sponsored by the Shalem Center research institute and the City of David Foundation, was carried out under the academic auspices of the Hebrew University.